Wenners
Draftfcb ryg goue, silwer Pendorings in
Draftfcb (Johannesburg en Kaapstad) het nie net ag geslaan op die oproep van vanjaar se Pendoring-veldtog nie (Moenie die taal afskeep nie!); dié agentskapsgroep het met handevol goue en silwer Pendoringtrofeë op die luisterryke vyftiende bekroningsaand van die Pendoringreklametoekennings vir voortreflike Afrikaanse en Suid-Afrikaanse reklame weggestap.
Met nege goue en twee silwer Pendorings op sy kerfstok, spog Draftfcb Johannesburg vanjaar met die grootste oes Pendorings. Draftfcb Kaapstad volg met drie goues, wat die agentskapsgroep se totaal op 12 goue en twee silwer Pendoring-toekennings te staan bring.
Dié glansryke geleentheid wat Vrydagaand, 18 September, by Vodaworld, Midrand, plaasgevind het om die room van Afrikaanse reklame te bekroon, was oudergewoonte weer 'n makietie soos min! Boonop is van die meeste Pendoring-trofeë nóg - 19 goud, en 12 silwer - by dié spoggeleentheid aan die wenners oorhandig.
Die rugby-'helde' Jan & Elton het nie net vir die Springbokke nie, maar ook vir Draftfcb Johannesburg en sy kliënte Vodacom soete oorwinning gebring. Die twee TV-flitse met dié gewilde karakters het nie net goud in die TV-kategorie verower nie, maar Jan het ook met die gesogte Prestigetoekenning, Pendoring se hoogste eerbetoon, weggestap
Verder het Jan en Jan & Elton ook goud in die kategorie: Eg Suid-Afrikaans - TV - verwerf, met nog 'n goue Pendoring vir laasgenoemde in die kategorie: reklame bo-die-lyn - gemengdemediaveldtogte. En as die kersie op die koek, is die sanger Robbie Wessels vereer as beste uitvoerende kunstenaar in dié twee advertensies.
Inskrywings in die TV-kategorie van Eg Suid-Afrikaans was só goed, dat die beoordelaars ook goud aan Ogilvy Johannesburg toegeken het vir sy Zoeloe-advertensie Skop, vir KFC.
Draftfcb Johannesburg se prettige radioflits vir Nando's getiteld Name, het koning gekraai in twee kategorieë: radio én in die kategorie Oorspronklik Afrikaans.
Nog goud was dié Johannesburgse agentskap in die radio-kategorie beskore, en wel vir sy Toyota-flits Afrienglish, terwyl nog 'n Toyota-flits deur die agentskap, Tannie Emsie met 'n silwer Pendoring weggestap het. In die kategorie beste klinkreël/uitdrukking/begrip/opskrif, het Draftfcb Johannesburg se TV-flits vir Vodacom met die opskrif Are you free; or are you dom? silwer verower.
Draftfcb Kaapstad het ook goud verower die koerantkategorie vir sy advertensie, Dawid & Goliat, vir Die Burger. Bonded by Blonde deur The Jupiter Drawing Room (Kaapstad) het met silwer in die koerantkategorie weggestap.
Draftfcb Kaapstad se koffiebeker-omhulsels vir Die Burger, het ook goud verower, en wel in die afdeling ervaringsbemarking vir sy inskrywing, Koffie 'Wraps' in die direkte bemarkings- en promosiekategorie. In dié kategorie het TBWA\Tequila se inskrywing vir Auto Trader, getiteld Oesmatjie, silwer verower.
Die buitelug-inskrywing Matiesous vir Klipdrift, het Draftfcb Kaapstad nóg 'n goue Pendoring, en wel in die buitelugkategorie besorg.
In die tydskrifkategorie is 'n goue Pendoring toegeken aan Saatchi & Saatchi Kaapstad vir sy advertensie vir die Afrikaanse uitgawe van Sports Illustrated, getiteld Sport Ikone, terwyl Joe Public silwer verower het vir sy Ocean Basket-advertensie, Maklike Sushi.
Pendoring kon self breëbors pronk met 'n goue en 'n silwer Pendoring. In die ervaringsbemarkingsafdeling, het sy 2008 Pendoring-werwingsveldtog met goud weggestap, terwyl die gedrukte veldtog met Patricia Lewis en Steve Hofmeyr in die 2008-veldtog, met silwer bekroon is in die Eg Suid-Afrikaanse kategorie: gedrukte advertensies. In dié kategorie het Black River FC ook silwer verower vir sy MINI-veldtog, AIRyobaness en Abuti bulu roof.
Die plakkaat getiteld Pinkie (vir Checkers-wynroete) deur NINETY9CENTS Communications in Kaapstad, het silwer verower in dié kategorie.
Die kategorieë aanlyn- en ervaringsbemarking: gemengdemediaveldtog het geen wenners opgelewer nie.
In die student-kategorie, reklame-bo-die-lyn, het die Red & Yellow School of Advertising van Kaapstad met goud weggestap vir die Nasionale Lotery-advertensie getiteld, Doen net wat jy wil met jou bokke terwyl die AAA School of Advertising silwer verower het vir sy Pendoring-veldtog.
VEGA The Brand Communications School se inskrywing vir die Nelson Mandela Children's Hospital, getiteld A Family Dedicated to Care is met goud bekroon in die Eg Suid-Afrikaanse katogorie vir student, terwyl die AAA School of Advertising silwer verower het vir sy Cadbury-veldtog en Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus vir sy ATKV-veldtog, Kraanvoël/ Perdeby/Ystervark.
In die kategorie vir digitale media, het Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus nie net met goud ontvang vir sy inskrywing Riemtelegram nie, dit is ook as algehele studentewenner bekroon. Dié universiteit het ook silwer verwerf vir sy inskrywing Bevonk! In die studientekategorie: gemengdemediaveldgtogte, asook vir sy ATKV-veldtog, Out of the Horse's Mouth in die Eg Suid-Afrikaanse kategorie.
AL DIE WENNERS
-
REKLAME BO-DIE-LYN
Televisie/rolprentteater
Goud
Titel: Jan Agentskap: Draftfcb Johannesburg Adverteerder: Vodacom Produk/diens: Rugby
Goud
Titel: Jan & Elton Agentskap: Draftfcb Johannesburg Adverteerder: Vodacom Produk/diens: Rugby
Radio/klingels
Goud
Titel: Afrienglish Agentskap: Draftfcb Johannesburg Adverteerder: Toyota Produk/diens: Prius
Goud
Titel: Name Agentskap: Draftfcb Johannesburg Adverteerder: Nando's Produk/diens: Combo
Silwer
Titel: Tannie Emsie Agentskap: Draftfcb Johannesburg Adverteerder: Toyota Produk/diens: Hilux
Koerante
Goud
Titel: Dawid en Goliat Agentskap: Draftfcb Kaapstad Adverteerder: Die Burger Produk/diens: Die Burger Koerant
Silwer
Titel: Bonded by Blonde Agentskap: The Jupiter Drawing Room Johannesburg Adverteerder: Sasol Produk/diens: Springbok Rugby-borgskap
Tydskrifte
Goud
Titel: Sport-ikone Agentskap: Saatchi & Saatchi Kaapstad Adverteerder: Sports Illustrated Produk/diens: Sports Illustrated Afrikaanse uitgawe
Silwer
Titel: Maklike Sushi Agentskap: Joe Public Adverteerder: Ocean Basket Produk/diens: Sushi
Plakkate
Silwer
Titel: Pinkie Agentskap: NINETEY9 CENTS Adverteerder: Checkers Produk/diens: Checkers-wynroete
Buitelugreklame
Goud
Titel: Matiesous Agentskap: Draftfcb Kaapstad Adverteerder: Klipdrift Produk/diens: Klipdrift Export Brandy
Reklame: gemengdemediaveldtog (bo-die-lyn)
Goud
Titel: Jan & Elton Agentskap: Draftfcb Johannesburg Adverteerder: Vodacom Produk/diens: Rugby
-
KOMMUNIKASIEONTWERP
Ontwerp
Goud
Titel: MK Bruce Lee Agentskap: The President Adverteerder: MK Bruce Lee uitgawes 2 & 3
-
ERVARINGSBEMARKING
Direkte bemarking en promosies
Goud
Titel: Die Burger Koffie 'wraps' Agentskap: Draftfcb Kaapstad Adverteerder: Die Burger Produk/diens: Die Burger-koerant
Silwer
Titel: Oesmatjie Agentskap: TBWA\Tequila Johannesburg Adverteerder: Auto Trader Produk/diens: Commercial Trader
Digitale Media
Goud
Titel: Pendoring 2008 Agentskap: Saatchi & Saatchi Kaapstad Adverteerder: Pendoring-reklametoekennings Produk/diens: Inskrywingswerwingsveldtog
-
ALGEMEEN
Beste klinkreël/uitdrukking/begrip/opskrif
Silwer
Titel: Are you free, or are you dom? Agentskap: Draftfcb Johannesburg Adverteerder: Vodacom Produk/diens: Night Owl
Oorspronklik Afrikaans
Goud
Titel: Name Agentskap: Draftfcb Johannesburg Adverteerder: Nando's Produk/diens: Combo
Eg Suid-Afrikaans - TV
Goud
Titel: Jan Agentskap: Draftfcb Johannesburg Adverteerder: Vodacom Produk/diens: Rugby
Goud
Titel: Jan & Elton Agentskap: Draftfcb Johannesburg Adverteerder: Vodacom Produk/diens: Rugby
Goud
Titel: Skop Agentskap: Ogilvy Johannesburg Adverteerder: KFC Produk/diens: Streetwise 2 Brand
Eg-Suid-Afrikaans - Radio
Goud
Titel: Bua FM2 Agentskap: Draftfcb Johannesburg Adverteerder: Vodacom Produk/diens: Vodacom Music Station
Eg-Suid-Afrikaans - Gedrukte advertensies
Silwer
Titel: Abunti bulu roof, AlRyobaness (veldtog) Agentskap: Black River F.C. Adverteerder: MINI Produk/diens: Convertible
Silwer
Titel: Patricia Lewis, Steve Hofmeyr (veldtog) Agentskap: Saatchi & Saatchi Kaapstad Adverteerder: Pendoring-reklametoekennings Produk/diens: 2008 Pendoring-veldtog
-
STUDENTE-INSKRYWINGS
Reklame (bo-die-lyn)
Goud
Titel: Doen net wat jy wil met jou bokke (troon) Tersiêre instelling: The Red & Yellow School of Advertising Kliënt: Nasionale Lotery Produk/diens Nasionale Lotery
Silwer
Titel: Kraanvoël, Perdeby, Ystervark (veldtog) Tersiêre instelling: AAA School of Advertising Kliënt: Pendoring-reklametoekennings Produk/diens: Pendoring-reklametoekennings
Aanlyn-reklame/Digitale media
Goud
Titel: Riemtelegram Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit Kliënt: DISTRIK Produk/diens: Riemtelegram
Gemengdemediaveldtog (deur-die-lyn)
Silwer
Titel: Bevonk! Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit Kliënt: Noordwes-Universiteit Produk/diens: CI-LAB GRAFIESE ONTWERP SKOUSPEL
Eg-Suid-Afrikaans - enige medium
Goud
Titel: Family dedicated to care Tersiêre instelling: VEGA the Brand Communications School Kliënt: Nelson Mandela Children's Hospital Produk/diens: Nelson Mandela Children's Hospital
Silwer
Titel: Out of the horse's mouth Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit Kliënt: ATKV Produk/diens: ATKV Promoting Afrikaans Saying
Silwer
Titel: Nou het ouma meer tyd Tersiêre instelling: AAA School of Advertising Kliënt: Cadbury Produk/diens: Melktert, malvapoeding, kaaskoek choco
-
SPESIALE TOEKENNINGS
Prestigetoekenning
Jan - Draftfcb Johannesburg

Algehele studentewenner
Riemtelegram - Noordwes-Universiteit, Potchefstroom-kampus

Beste uitvoerende kunstenaar
Robbie Wessels in Jan; Jan & Elton
Die TV-advertensie 'Jan' deur Draftfcb Johannesburg vir Vodacom se Springbok-rugbyborgskap het vanjaar met die Pendoring-prestigetoekenning weggestap.








